Biography

Leza Liversage is reeds ‘n groot naam in Afrikaanse lof en aanbidding. Haar stem en liedjies het op Luidkeels, Luidkeels Hersien, Luidkeels Oorgegee en Luidkeels Dieper saam met Retief Burger die Afrikaanse kerk se harte laat sing. Suid-Afrika was gou betower deur dié donkerkop met haar sagte geaardheid, wat ‘n passie het om die bruid van Christus te herinner aan hulle Eerste Liefde. Dis juis hier waar haar talent raakgesien is en het Leza baie vinnig nie net saam met Retief Burger getoer nie, maar was haar dagboek gou ook propvol met vertonings saam met Louis Brittz en later ook Joe Niemand, saam met wie sy op die ‘Love’ toer, sowel as ‘Night of Lights’ gesing het.
Soos met enige talent wat nie onder ‘n maatemmer weggesteek word nie, is Leza gou deur Ds. Elza Meyer van die NG Kerk Moreletapark raak gesien. Sy het vinnig geliefd geraak onder Suid-Afrikaanse vroue, wat diep saam met haar in aanbidding voor God se troon was tydens Ester konferensies die land oor.
Alhoewel Leza se debuut album Nader, eers op 15 Augustus 2011 die lig gesien het, het sy toe reeds ‘n TEMPO, VONK en SAMA nominasie in die sak gehad. Nader was toe later wel ook genomineer vir ‘n HUISGENOOT TEMPO toekenning.
Haar mees onlangse werk sluit in ‘n kinder album van Merchant music, Pienkvoet Lof, sowel as liedere op die album Kom Nader van Brandpunt. Sy vorm tans deel van ‘n groep met die naam ‘Chasing Daylight’, waarvan die eerste opname vrygestel is in Oktober 2013.
Die vars klank van haar eerste solo-produksie is wêreldklas en die liedjies is treffers! As jy in Gees en waarheid vir die Here wil sing en boonop nog in die mooiste Afrikaans, kry Nader vandag nog.

Edit this wiki

Don't want to see ads? Upgrade Now

Similar Artists

API Calls

Scrobble from Spotify?

Connect your Spotify account to your Last.fm account and scrobble everything you listen to, from any Spotify app on any device or platform.

Connect to Spotify

Dismiss