Biography
Shine 4 are a South African girlband. Members are Marlese, Liesl, Desiree and Jill.
Aan almal wat wonder……
Shine 4 het in Oktober 2001 die eerste vertoning ooit gehad op Aardklop….dit was n absolute ramp…..ons het drie kostuum veranderings gehad, zips wat nie wil op nie, boots wat nie wil vas nie, en glitter op alles! Dit was die geboorte van iets onbeskryflik energiek en passievol!
Vir 7jaar lank het ons na elke dorpie gegaan wat ons daar wou he, ons het derduisende kilometers gery en gesing! Ons het geleer om mekaar te beskerm, te vertrou, by te staan, lief te he en uiterse respek vir mekaar geleer.
In 2007 was daar 'n besluit geneem tussen ons vier, en het ons besef, ons het bereik wat ons wou bereik, ons het Shine 4 'n huishoudelike naam gemaak, ons het ons eie drome laat waar word en groot geword in die groep….en nou is dit tyd om aan te beweeg, nuwe drome te droom, nuwe visies, nuwe energie, nie meer maal vier nie, maar maal een met die krag van vier.
Shine 4 hou nie op omdat daar kwaai gevoelens rond loop nie, in teendeel, Shine 4 hou op omdat ons mekaar die beste lewens toewens, met die grootste sukses…ons sal nooit onsself terughou van groter, mooier dinge in die lewe nie. Ons leuse aan die begin was, “WANT ONS KAN”….en nou kan ons se “ONS HET”, en dis die wonderlikste gevoel vir vier gewone poppe, met n enorme droom, baie deursettings vermoe, krag en genade van Bo, om dit te kon bereik! Daar is soveel wat ons gaan mis van ons tyd saam as ook van julle ons grootste ondersteuners. Ons eindig ons leeftyd met Shine 4 op 7jaar en 2maande….maar dan maak ons plek vir nuwe uitdagings…
Starstruck is n musiekblyspel waar ons hulde bring aan kunstenaars oor die dekades, soos wat net ons kan… Shine 4 het Starstruck die lig laat sien in 2004 en sal in 2009 steeds beskikbaar wees vir hierdie teaterstuk!
Kyk gerus na hierdie video clip vir 'n voorsmakie:
Artist descriptions on Last.fm are editable by everyone. Feel free to contribute!
All user-contributed text on this page is available under the Creative Commons Attribution-ShareAlike License; additional terms may apply.